2007-Drienasiesreeks

2007-Drienasies
Datums 16 Junie - 21 Julie
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (8 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 19 (3.17 per wedstryd)
Bywoning 306 996 (51 166 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (62)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Tony Woodcock
Vlag van Australië Matt Giteau (2 elk)
2006
2008

Die 2007-Drienasiesreeks was die twaalfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 16 Junie tot 21 Julie oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Dit is vroeër en korter as in 2006 gehou omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Nieu-Seeland het die toernooi vir die agtste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Tony Woodcock van Nieu-Seeland en Matt Giteau van Australië het elk twee drieë gedruk.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search